Die probleem van besoedeling

Water is ongetwyfeld die kosbaarste natuurlike hulpbron op die planeet.Sonder hierdie waardevolle samestelling van waterstof en suurstof, sou lewe op aarde nie bestaan het nie:Dit is noodsaaklik vir alles wat op ons planeet groei en vooruitgaan.Hoewel ons dit weet, minag ons hierdie hulpbron deur ons riviere, mere en oseane te besoedel.Gevolglik is ons stelselmatig besig om ons planeet te beskadig tot so ‘n mate dat organismes teen ‘n verstommende spoed afsterf.Daarby word ons drinkwater en water vir ontspanning ernstig benadeel.Om waterbesoedeling teen te werk moet ons die probleme verstaan, en deel word van die oplossing.

Die morbiede situasie van 'n oënskynlike onkenbare stryd teen veral water besoedeling onderstreep maar net weereens dat ons, vir eie oorlewing en gesondheid, die realiteit van 'n eie watersuiweraar of bottelwater sal moet onderskraag. Lees gerus wat ander en die pers te sê het.

"Waterbesoedeling: Vertoë val op dowe ore" . .

London waterbesoedeling
February 25, 2005.
Wêreldgesondheidskundiges sê dat onveilige Londonwater en swak sanitasie elke dag die lewens van 4000 kinders eis.  Hulle beskryf hierdie lewensverlies as ‘n stille humanitêre krisis, en vra onmiddellike optrede.  ‘Daar behoort stemme op te gaan vanuit die gesondheidsgemeenskap, vir onmiddellike doelgerigte pogings om die werklikheid dat sanitasie in die ontwikkelende wêreld skaars tred hou om die populasiegroei te oorbrug,’ sê Dr Jamie Bartram van die Wêreld gesondheidsorganisasie (WGO)
Vier uit tien mense oor die wêreld het nie toegang tot eenvoudige putlatrines nie, en een vyfde van mense het geen veilige bron van drinkwater nie
Gebeure om die diarree-uitbreek by Delmas in 2007
Eerste minister Thabang Makuretla onthul die inisiële oorsaak van die uitbreek van diarree. Dan Fuphe en Sapa16 November 2007‘Die inisiële oorsaak van die diarree uitbreek in Delmas was waterbesoedeling’,het Mphumalanga Eerste minister Thabang Makuretla gister gesê.  ‘Toe die uitbreek verlede maand aangekondig is, het ons ontdek dat die water besoedel is.’
Meer gevalle is aangemeld nadat die water gesuiwer is volgens die vereiste kwaliteitstandaarde.  Makwetla, vergesel van vier van die provinsie se LUK’s het Delmas besoek vir die jongste nuus oor die uitbreek.  Die LUK’s wat die premier vergesel het was Mandla Masuku van die Departement van Openbare werke, Candith Mashego Dlamini van Lokale regering en behuising, Dina Pule van Landbou en landbou-administrasie en Sipho Lubisi van Gesondheids en sosiale dienste.
In sy persverklaring het Makwetla gesê dat 842 gevalle aangemeld is, wat gevarieer het van agt tot tien gevalle daagliks.
[ Back ]

"Water: Besoedeling kan uitvoer knou
Deur ALANI JANEKE
Die besoedeling van Suid-Afrika se riviere, soos die Olifantsrivier, kan voedseluitvoer na Europa in gedrang bring, sê die Nasionale Waterforum.
“Ek is oortuig ons is op die punt waar van die voedsel wat op ons tafels beland, reeds besoedel is. Hoewel die besoedeling van riviere nog nie ‘n wesenlike invloed op voedselproduksie in die land gehad het nie, dink ek ‘n definitiewe moontlikheid bestaan dat dit uitvoer na Europa kan beïnvloed,” sê mnr. Louis Meintjes, voorsitter van die Nasionale Waterforum."